Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » Sonnet: "Vroegherfs" deur N.P. van WYK LOUW
Sonnet: "Vroegherfs" deur N.P. van WYK LOUW [boodskap #53147] Vr, 09 November 2001 00:22 na volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Vroegherfs
N.P. van Wyk Louw

Die jaar word ryp in goue akkerblare,
in wingerd wat verbruin, en witter lug
wat daglank van die nuwe wind en klare
son deurspoel word; elke blom word vrug,
tot selfs die traagstes; en die eerste blare val
so stilweg in die rook-vaal bos en laan,
dat die takke van die lang populiere al
teen elke ligte môre witter staan.
O Heer, laat hierdie dae heilig word:
laat alles val wat pronk en sieraad was
of enkel jeug, en vér was van die pyn;
laat ryp word, Heer, laat U wind waai, laat stort
my waan, tot al die hoogheid eindelik vas
en nakend uit my teerder jeug verskyn.

(Uit "Vier Gebede by Jaargetye in die Boland."
(Mei-Julie 1937)
Re: Sonnet: "Vroegherfs" deur N.P. van WYK LOUW [boodskap #53148 is 'n antwoord op boodskap #53147] Vr, 09 November 2001 01:06 Na vorige boodskap
pop  is tans af-lyn  pop
Boodskappe: 157
Geregistreer: Julie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Dankie Gloudina . Half hartseer,
maar eenvoudig en vool hoop.
Die Louw-broers kan beslis dig . . .
wat van een van W.E.G?

Pop

skryf in boodskap news:3BEB223E.A821F49C@home.com...
Vroegherfs
N.P. van Wyk Louw

Die jaar word ryp in goue akkerblare,
in wingerd wat verbruin, en witter lug
wat daglank van die nuwe wind en klare
son deurspoel word; elke blom word vrug,
tot selfs die traagstes; en die eerste blare val
so stilweg in die rook-vaal bos en laan,
dat die takke van die lang populiere al
teen elke ligte môre witter staan.
O Heer, laat hierdie dae heilig word:
laat alles val wat pronk en sieraad was
of enkel jeug, en vér was van die pyn;
laat ryp word, Heer, laat U wind waai, laat stort
my waan, tot al die hoogheid eindelik vas
en nakend uit my teerder jeug verskyn.

(Uit "Vier Gebede by Jaargetye in die Boland."
(Mei-Julie 1937)
Vorige onderwerp: "Die Kundige Minnaar" deur SHEILA CUSSONS
Volgende onderwerp: Villanelle: "Ou foto" deur FERDI GREYLING
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Apr 28 16:20:52 MGT 2024